Fri. Dec 6th, 2019

Wordfest South Africa

Wordfest is South Africa’s premier multilingual festival of languages and literatures with a developmental emphasis.

Dekoloniserende onderwys- dalk ons oplossing

3 min read
Img 20190705 Wa0013

Met die onlangse naamsverandering van Grahamstad na Makhanda, wat die manier waarop ons die geskiedenis onthou verander, is dit nie tyd om die manier waarop ons leer, te verander nie? “Hierdie onderwysstelsel werk duidelik nie,” sê Nthebe Molope by die bekendstelling van sy boek Evolutionary Review on Black Education: a travel through time and into our future op 4 Julie 2019.

Ons weet almal van die probleme in ons onderwysstelsel: boeke wat nie betyds of selfs enigsins afgelewer word nie, oorbevolkte klaskamers, onderwysers wat nie opdaag nie, onderwysers wat nie toegerus is om te onderrig nie … maar wanneer en hoe sal dinge verander?

Molope het die projek ses jaar gelede begin en verklaar dat hy geglo het dat dit nodig was om swart op wit te sit oor hierdie kwessies. Sy navorsing kyk na drie verskillende tydperke, hy neem ons op ‘n reis van Prekoloniale onderwys- en kennissisteme, Sendelinge en apartheid-onderwys en -onderrig tot vandag se stelsel toe. “Een van die redes waarom ek die boek geskryf het, is om ‘n debat oor ons onderwysstelsel te begin. Ons spandeer 4% van die BBP op maatskaplike toelaes. Die meeste suksesvolle lande spandeer 4% op onderwys waar ons 6% aan onderwys spandeer terwyl hulle baie beter as ons presteer.”

In 1994, toe Nelson Mandela vir stemme veg, het Rwanda volksmoord beleef. 25 jaar later het hulle baie meer opvoedkundig ontwikkel as wat ons het. Rwanda was die eerste land om noodsaaklike bloed met ‘n hommeltuig “drone” op vergeleë plekke af te lewer.

“Vandag het ons ‘n gemiddelde verhouding van een onderwyser per 39 studente in ‘n klaskamer. Dit is nie altyd die geval nie, en as ditin jou geval so is beskou jouself gelukkig”, sê Molope terwyl hy verduidelik dat baie klasse uit 85 leerlinge bestaan in ‘n plek wat nie vir daardie kapasiteit ontwerp is nie. “Botswana het ‘n verhouding van een oderwyser vir elke twee studente,” voeg hy by.

Vandag word baie studente oor wêreldoorloë een en twee geleer, maar hoeveel studente weet wanneer Shaka Zulu gebore is of wie hy was? Molope beklemtoon hierdie kwessies, soos hy sê: “As jy inligting soek oor Cecil John Rhodes, sal jy ‘n halwe biblioteek met inligting vind. As jy op soek is na inligting oor Shaka Zulu sal jy gelukkig wees om ‘n kort opsomming te vind terwyl sy naam dikwels verkeerd gespel is.”

“Elke leraar (minister?) van onderwys kom met ‘n ander plan, dus is daar geen kontinuïteit en konsekwentheid nie. Soms dink ons hulpbronne sal al ons probleme oplos. Ons gooi geld na probleme en dink dit sal dinge regmaak. Geld alleen sal niks oplos nie. Dit gaan oor die plasing van die beste hulpbronne waar hulle die meeste benodig word,” sê Molope. Daar moet iets baie verkeerd wees met ons onderwysstelsel in Suid-Afrika as ons die afgelope 25 jaar drie kurrikulumveranderinge gehad het,” sê hy terwyl hy oor onderwys vandag praat. “Elke keer as ons ‘n nuwe minister van onderwys het, het ons ook ‘n nuwe plan om die onderwysstelsel te verbeter.” Hy verduidelik verder dat dinge nie in lyn is met die nasionale ontwikkelingswet nie.

Meer as 51% van Suid-Afrikaanse onderwysers het onderrig as ‘n tweede opsie aangeneem. Soos die skrywer praat van die tyd wat onderwysers in die klaskamer deurbring, sê hy dat onderwysers met die CAPS-stelsel baie meer administrasie doen, sommige waarvan hy glo nutteloos is. Molope bevestig dat Suid-Afrikaanse onderwysers 20% minder tyd in die klaskamer spandeer as meeste ander plekke in die wêreld.

“Daar is ‘n bietjie lig aan die einde van die tonnel. Daar is ‘n paar groot projekte in Kwazulu-Natal en in Gauteng, maar ons het nog steeds kinders wat in toilette verdrink. Ek dink ons het ‘n ernstige ernstige probleem in ons onderwysstelsel.”

“Hierdie boek praat oor waar ons was, wat gebeur het en waar ons nou is. My siening is dat ons agteruit in plaas van vorentoe gaan. “

Daar is ‘n algemene begrip onder mense dat geskiedenis deur die oorwinnaar geskryf is. Is dit tyd om geskiedenis weer te skryf en die verlede te onthou soos dit behoort? Hierdie boek ondersoek presies dit. “Dit sal ander mense wees wat ons geskiedenis skryf en solank as wat ons dit toelaat sal dit  voortgaan,” sê Molope.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *