Tue. Nov 12th, 2019

Wordfest South Africa

Wordfest is South Africa’s premier multilingual festival of languages and literatures with a developmental emphasis.

Sydney Clouts se werk vereer

2 min read
Img 7630

Dan Wylie se intieme boek wat die skryfwerk van Sydney Clouts, iemand van aansien ontleed, het Sondag middag sy gehoor vermaak met ‘n interaktiewe ontleding van ‘n gedig tydens die boek bekendstelling van Intimate Lightning. Hierdie insiggewende boek ondersoek Clouts se werk wat tussen 1926 en 1982 gepubliseer is. 

“My fokus is nie op sy lewe nie. My boek gaan oor sy werk,” sê Wylie. “Baie van Clouts se poësie is gebaseer op Kaapstad. Clouts staan bekend as die beste digter van sy geslag in Suid-Afrika.” Verder beskryf hy Clouts as ‘n natuurgees digter of ‘n soort guru. 

Mettertyd het Clouts se skryf tegnieke al hoe meer modern geword. Hy was beslis ‘n persoon van ‘n moderne era. Clouts was geinspireerd deur sy omgewing in Kaapstad. Nadat hy en sy familie in 1961 in ballingskap Engeland toe gegaan het, het hy dit moeilik gevind om te skryf. 

Voor enige iemand balke kon saag het Wylie die gehoor uitgenooi om saam met hom ondersoek in te stel na Clouts se werk, deur papiere waarop die gedig ‘The Situation’ afgedruk is uit te deel. Wylie het die gehoor in die palm van sy hand gehad soos hy die gesprek gefasiliteer het. Idees het in  alle rigtings gevloei, maar die tyd het uitgeloop en Wylie moes ongelukkig iewers anders wees. 

“As jy eers die verskillende gedigte bymekaar maak en die verskillende patrone begin ontdek, dan kom die gedigte al hoe ryker voor,” sluit Wylie af.

Hierdie artikel is geskryf in Afrikaans. Kliek op jou voorgevoerde taal om dit in Engels en seSotho te lees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *