Tue. Nov 12th, 2019

Wordfest South Africa

Wordfest is South Africa’s premier multilingual festival of languages and literatures with a developmental emphasis.

Die waarheid oor sensuur

3 min read
Dr Nana Makhaula Ntsebeza

Dr Nana Makhaula Ntsebeza

Die sensuur dialoog wat gefasiliteer is deur Dr. Nana Makaula-Ntsebeza inisieer ‘n gesprek wat die sensitiewe geskiedenis van Suid Afrika aanraak. “Sensuur is so oud soos die beskawing self.

Dit is beskou is as ‘n noodsaaklike instrument wat gebruik word om die morele vesel van die samelweing te beskerm,” beklemtoon sy. Sy verduidelik verder dat die doel en omvang van sensuur verskil van plek tot plek, en dat dit in die toekoms waarskynlik steeds sal verskil. 

Sensuur is die bevestiging, vernietiging en verandering van inligting deur gesagehebbendes. “Mens moet beskerm word hierteen,” dring sy aan.“Dit sluit politieke uitdrukkings in. Dit was die geval in Suid-Afrika in die verlede en sommige mense sê dit is steeds die geval,” verduidelik sy. Wat beskou word as sensuur vir een gaan nie noodwendig geld vir die ander nie. 

Sy sê: “In die verlede was daar stil ontkennende stemme. ‘n Reeks van wetgeving rondom sensuur is kort na 1948 afgedwing. Daar het gevoelens van vyandigheid onder mense gebroei. Die 1974-wet het alle dade onder die leiding van die Direkteur van Publikasies vervang. Die komitee is ‘n wye verskeidenheid magte vanaf die regering gegee om materiaal te hersien voor publikasie. Dit het die verbranding van sekere materiale ingesluit sowel as ‘n mandaat om te verseker dat niks toegelaat sou word wat konflik tussen die gemeenskappe van Suid-Afrika sou bring nie.” 

Die sirkulasie van seker boeke is verban indien dit nie aan die regering se standaarde voldoen het nie. Dr. Makaula-Ntsebeza sê dat ses-en-twintig-duisend boeke verban is tussen 1950 en 1990 volgens statistiek van die Universiteit van Kaapstad. 

Sy vertel verder dat daar nie te lank gelede nie ‘n protes onder jong mense was waartydens ‘n biblioteek verbrand is. “Dit is ‘n groot ding dat ‘n biblioteek verbrand is… Dit maak my skaam om ‘n Suid-Afrikaner te wees. Wat my betref, is dit heeltemal ongeregverdig en onvergeeflik.” beklemtoon sy. “Dit is maklik om mense te keer as hulle brutale dinge soos halssnoer moorde pleeg. Halssnitte sal nie toegelaat word nie, omdat dit nie menslik is nie. Wat die verbranding van groepe betref, wil ek bevestig, dat dit nou iets van die verlede is, of ten minste wil ek glo dat dit nou ‘n ding van die verlede is. Ek en jy moet besluit of ons hierdie dinge sal toelaat om plaas te vind. Ons het nie sedert die begin van die demokrasie nie, so hoekom sal ons nou?”

Na ‘n half uur se voorlegging moedig sy die gehoor aan om van aangesig tot aangesig deel te neem aan die gesprek. James Brice, ‘n man in die gehoor bring die k-woord en die ou Suid-Afrikaanse vlag kwessies op en glo sterk dat dit streng gesensor moet word vir ons om aan te kan beweeg van die wreedhede van die verlede. 

Odwa Funke glo ook dat sensuur ‘n goeie ding kan wees, veral wanneer dit kom by traditionele inisiasies in die Xhosa gemeenskap.

“Ek dink nie hierdie gesprek gaan net oor sensuur nie. Dit gaan oor respek vir ander,” se opponerende Sonwabile Mfecane terwyl hy die gesondheidsrisiko’s wat by die besnyding betrokke is beklemtoon.

Hierdie gesprek sal voortduur solank as daar gebrek is aan weredsydse begrip en respek tussen kultuur- godsdiens- en ander belangegroepe. Met die uiteenlopende sienings en waardes van die komplekse samelewing waarin ons lewe sal die nie, na my mening, gou gebeur nie.

Hierdie artikel is geskryf in Afrikaans. Kliek op jou voorgevoerde taal om dit in Engels, seSotho en isiXhosa te lees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *