Welkom By Wordfest
2 min read
Wordfest is ‘n nasionale veeltalige fees van tale en letterkunde met die nadruk op ontwikkeling.
Ons doelwit is om ‘n kultuur van lees en skryf in Suid-Afrika te kweek en om innovasie en voortreflikheid in die woordkunste te bevorder.
Ons verskaf tydens die Nasionale Kunstefees ‘n platform aan Suid-Afrikaanse skrywers en uitgewers asook aan nuwe en gevestigde skrywers uit verskillende studievelde met spesiale klem op gemarginaliseerde tale.
Daar is elke jaar meer as ‘n honderd aktiwiteite, soos byvoorbeeld:
- Sowat twintig tot dertig boekbekendstellings
- Lesings
- Opvoerings
- Seminare
- Uitstallings
- Werkswinkels
- Oop mikrofoon
- ‘n restaurant
- ‘n kleinhandel boekwinkel (Exclusive Books)
- Mediakontrakte met die druk en uitsaai media
- WordStock, ‘n daaglikse literêre koerant
- Oos-Kaapse Wordfest (Woordfees)
- Ontwikkelingsprojekte vir laer- en hoërskole
Wordfest is in sy sewende jaar en groei steeds. Ons het al Nobelpryswenners vertoon en terselfdertyd ‘n platform verskaf aan gemeenskapstandaard skrywers asook welbekende skrywers in inheemse Suid-Afrikaanse tale.
Administrasie en Fondse
Wordfest is by die Instituut vir die studie van Engels by Rhodes gevestig. Die geleentheid vind plaas in die Eden Grove gebou op kampus. Die administrasie is in die bekwame hande van ‘n ervare span gelei deur
Dr Chris Mann (saamroeper). Die finansies word beheer deur die Finansiële afdeling by Rhodes.
Ons vernaamste ondersteuning is afkomstig van die Nasionale Kunsteraad (NAC), die Nasionale Lottery (NLDTF), Rhodes Universiteit en die Instituut vir die studie van Engels in Afrika (ISEA) wat Wordfest ondersteun as ‘n uitreikprojek, die Oos-Kaapse regering, en Exclusive Books.
Hierdie artikel is geskryf in Afrikaans. Kliek op jou voorgevoerde taal om dit in isiXhosa en Engels te lees.